Wednesday, 1 September, 2021
Bonnievale Wines
Daar is dus geen beter wyn om in jou glas te hê, wanneer jy saam met ons fees vier, as onsdie splinternuwe 2019 Cabernet Sauvignon Limited Release vrystel.
Ervaar met elke teug die sjarme van ons groen vallei, sy riviere, blou berge en die gul gasvryheid van ons mense.
Maar moenie te lank wag voor jy jou voorraad bestel nie – dis ons derde Cabernet Sauvignon Limited Release wat vrygestel word en die ander twee het soos soetkoek verkoop. Dis een van ons vlagskipwyne en word slegs in beperkte hoeveelhede gemaak.
Bestel sommer nou aanlyn by www.bonnievalewines.co.za.