En wat sê van SA se chenin-ghoeroes?

Friday, 12 July, 2013
Die Burger
Soos die aandag wat sjefs aan erfenis-geregte gee, so is daar die chenin-stryders wat hart en siel ingooi om dié druif sy regmatige plek op die podium te gee. Dít met elegante wyne wat plaaslik én internasionaal aanklank vind. Dis immers deel van ons erfenis en help om ’n unieke Suid-Afrikaanse wyn-identiteit te kweek.
Manne soos Johan Joubert (Kleine Zalze), Ken Forrester (Ken Forrester Wines) en Sebastian Beaumont (Beaumont Wines) stem saam.

Hoekom chenin?

Johan: Ek het 'n groot passie vir chenin-bosstokke. Dit herinner aan die dae toe my pa ons op ons Bonnievale-plaas tussen die wingerdstokke grootgemaak het. Daarom is dit so hartseer wanneer hulle bosstokke uittrek.

Jy moet respek en ’n doelwit met die styl hê sonder om fokus te verloor op wat die verbruiker wil hê. Dit verg baie beplanning omdat chenin ’n wye geurprofiel het. Dis nie 'n resepwyn nie, maar ’n dinkwyn.

Ken: Chenin is die mees geplante kultivar in Suid-Afrika en 50% van die wêreld se chenin kan hier gevind word. Dis ons verantwoordelikheid om die beste wyn moontlik daarvan te maak.

As chenin van die Loire-vallei in Frankryk as van die beste witwyne beskou word, is daar geen rede waarom ons nie elke geleentheid kan benut om ook van die bestes te maak nie.

Sebastian: Ek is so lief vir chenin ek het een na my ouma, Hope Marguerite Beaumont, vernoem. Met passie kry jy so 'n unieke resultaat jy wíl dit na iemand spesiaal noem. Ek het hier grootgeword en ken die wingerd.

Kliek hier om verder te lees.
Click here to read further in Afrikaans.