Dis MOS Wyn: Koop wyn en wen 'n toer na Turkye

Tuesday, 24 October, 2023
Die MOS-Inisiatief
Koop Die MOS-Inisiatief se nuwe wynreeks en kom in aanmerking om ʼn toer na Turkye te wen!

Die MOS-Inisiatief voeg daad by die woord deur twee opwindende wynreekse te loods. Die twee wynreekse, Geen Haas en Ware Jakob, bestaan uit uitsonderlike kwaliteit wyne uit die Stellenbosch streek.

Met die aankoop van die wyne ontvang die koper ʼn geluksskoot om in aanmerking te kom vir die MOS Toere-kompetisie ter waarde van R40 000 na Turkye vanaf 28 Maart tot 6 April 2024. Die Geen Haas-reeks is gelykstaande aan een kaartjie vir die trekking wat op 10 Januarie 2024 sal plaasvind en die Ware Jakob is gelykstaande aan twee kaartjies.

Die MOS-Inisiatief loods twee wynreekse:

  • Geen Haas: Twee lieflike leefstylwyne wat in ‘n rooiversnit en Sauvignon Blanc beskikbaar is
  • Ware Jakob: ʼn premium gehoute rooiversnit van shiraz, mataro, carignan en rooi grenache

Die Geen Haas-reeks is teen R599 per boks van ses beskikbaar vir bestelling en sluit drie bottels Sauvignon Blanc en drie bottels rooiversnit in. Die reeks sinspeel tong-in-kies met die gejaagdheid van die lewe, veral met die einde van die jaar in sig. Elke wyn pryk ook met ‘n unieke gedig wat die waarde van ’n rustiger lewe aanmoedig. Bekostigbaar, komies en uitsonderlike kwaliteit wyne! Wat beter om ‘n kerskous te vul, jou jaarafsluiting te hou of geskenke aan die (Afrikaans) juffrou of meneer?

Vir die versamelaar is die Ware Jakob die perfekte opsie teen R1 500 vir ses pragtig-verpakte wyne, in die selfde komiese styl met bypassende gedig as die “Geen Haas” leefstylwyne.

Die wyn is nie net lekker nie, maar ook ‘n manier om tot die MOS Beursfonds by te dra. Ons handelsvennoot tastewine.co.za dra by tot Die MOS-Beursfonds deur ‘n persentasie van die verkope aan die fonds te skenk. Die MOS Beursfonds het ten doel om behoeftige leerders toegang tot kwaliteit, Afrikaanse onderrig te bied – ongeag geslag, ras of gemeenskap.

Dit is MOS ‘n wen-wen vennootskap!

Die wyne is vir vooraf-bestelling beskikbaar en aflewering geskied in die eerste week van Desember.

Kliek HIER om die wyn te koop.