Vier Erfenisdag in jou taal

Monday, 25 September, 2023
wine.co.za
Ter viering van Erfenisdag stel Die MOS-Inisiatief ons, die wine.co.za DTC Academy, in staat om oor verbruikersvoorkeure gebaseer op huistaal ondersoek in te stel.

Om ‘n wynlys in Frankryk oop te maak en ‘n lys Franse wyne met Franse name aan te tref is geensins vreemd nie. Die selfde geld in Italië, Portugal en so gaan die lys voort. Tog in Suid-Afrika is dit eers redelik onlangs wat wynname na ander landstale as Engels uitgebrei het.

Ter viering van Erfenisdag stel Die MOS Inisiatief ons, die wine.co.za DTC-Academie, in staat om oor verbruikersvoorkeure gebaseer op huistaal ondersoek in te stel. Huistaal is eie aan ons erfenis. In Suid-Afrika erken ons 11 nasionale tale. Hoe gaan produsente te werk om, inklusies tot die mark, produkte beskikbaar te stel?

Vernacular report and webinar

The Great Big Wine Survey was launched in 2019, with the support of Hollard, to assist the South African wine industry with accessible consumer insights. The Vernacular Report reviews the South African wine landscape based on language preference. Through this report producers can review marketing activities and align their strategies according to their selected target market. The findings of this report prove the diversity of the South African wine market along with growth in new markets. While South Africa can still not be considered as a country with a national wine culture, the market is growing.

It is, however, concerning to see that there is a decline in Afrikaans consumers entering the wine category.

In the report, producers are guided in marketing preferences and provided support in positioning their products in publications relevant to their target audience. Producers can also use the report for insights on how price point preference differs among different consumer groups.

 The report will be released on Friday, 6 October. Wine producers, marketers and other interested parties are invited to register for the upcoming webinar (Friday 6 October at 10h00), where the report will be discussed.

The report will also be available for free and can be downloaded from www.greatbigwinesurvey.co.za or requested from xania@wine.co.za. With the support of Die MOS Inisiatief, no charges apply for webinar registration or report download.

Die MOS Beursfonds

Die MOS-Inisiatief is ‘n privaatmaatskappy wat deur die Trust vir Afrikaans Onderwys (TAO) gestig is met die doel om ‘n Afrikaans skolenetwerk daar te stel om uitmuntende onderrig in Afrikaans te verseker en uit te nou.

Die naam, Die MOS Inisiatief verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole-beweging. MOS verwys ook na die mosplantjie wat orals groei en met min vogtigheid floreer. Natuurlik vorm mos ook ‘n integrale deal van die wynmaakproses - wat een van Suid-Afrika se trotse uitvoerprodukte is. Benewens hierdie simboliek word die naam MOS ook met die unieke Afrikaans woordjie "mos" geassosieer.

Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, is opgewonde om met die wynindustrie hande te vat en deur 'n viering van erfenis 'n bydra te lewer. Die MOS Inisiatief erken dat leer 'n lewenslange proses is. Om kinders toe te rus om die toekoms te omarm en wedersydse respek te betoon is ‘n groot doelwit... “Deur hierdie projek mik ons om ‘n verskil in die lewens van kinders, asook die Suid-Afrikaanse wynindustrie te maak. Ons hou (mos) almal van goeie wyn!"

Die MOS Inisiatief voeg daad by die woord, en verleng hul verbintenis met die wynindustrie deur die loodsing van ‘n nuwe, opwindende wynreeks, in samewerking met Oorskotwyn en wine.co.za. Die wyne, Geen Haas en Ware Jakob, gaan binnekort op die “dis MOS wyn” winkel op wine.co.za se aanlynwinkel, tastewine.co.za, beskikbaar wees. Hierdie reeks is nie net die uitlewing van moedertaalwyn nie, maar ook n fondswerwingsprojek vir Die MOS Beursfonds wat aangewend word om behoeftige kinders van alle gemeenskappe toegang tot kwaliteit Afrikaanse onderrig te bied.

Kontak suheena@wine.co.za vir meer inligting oor Geen Haas en Ware Jakob of wikus@diemos.co.za om betrokke te raak by die MOS beursfonds.