Van chenin-sjiek tot ’n rooi rebellie

Friday, 12 April, 2013
Ken Forrester Wines
Ken Forrester swem stroomop. Of dit nou is om chenin sy plek onder die Afrikason te gee, of om Rhone-kultivars in die Mediterreense klimaat te help floreer. Samarie Smith het ou én nuwe goues gaan proe.
In ’n wyn-wonderwêreld kan jy net jou leë glas chenin blanc vryf en Ken Forrester sal in ’n wolk verskyn om jou glas vol te toor.
Dié man het baie gedoen om hierdie effens afgeskeepte erfenisdruif plaaslik na ’n meer gesogte en duurder platform op te lig toe The FMC-chenin sy verskyning gemaak het teen R325 ’n bottel.
Want net soos die unieke gehalte van chenin in sy noordelike tuiste in die Loire-streek van Frankryk kan daar plaaslik ’n eie chenin-identiteit gekweek word.
 
Click here to read further....